Soul is 'n rekenaargeanimeerde familie-/buddy-rolprent van 2020 wat deur Pete Docter geregisseer is en die stemme van Jamie Foxx, Tina Fey, Graham Norton, Rachel House, Alice Braga, Richard Ayoade, Phylicia Rashad, Donnell Rawlings, onder andere, gebruik. Die rolprent is deur Dana Murray vervaardig en deur die verspreidingsfirma Walt Disney Studios Motion Pictures versprei. Die draaiboek is deur Pete Docter, Mike Jones en Kemp Powers geskryf met musiek van Trent Reznor, Atticus Ross en Jon Batiste.
Rolverdeling
Jamie Foxx as Joe Gardner Tina Fey as 22 Graham Norton as Moonwind Rachel House as Terry Phylicia Rashad as Libba Gardner Donnell Rawlings as Dez Questlove as Lamont "Curley" Baker Angela Bassett as Dorothea Williams
Vrystelling Die film is vrygestel in teaters in Verenigde State op 25 Desember 2020 en was vrygestel op Ultra HD Blu-ray, Blu-ray, DVD, en digitale aflaai op 23 Maart 2021. Die film het ook verskyn by die BFI London Film Festival op 11 Oktober 2020.
Ontvangs Resensies Op Rotten Tomatoes gee 95% van 361 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 8,3/10. Webwerf Metacritic bereik 'n telling van 83/100, gebaseer op 55 resensies.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Engelse rolprente Kategorie:Buddy-rolprente Kategorie:Animasierolprente