Moraea elegans is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Stellenbosch tot by Bredasdorp voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 600 km². Die plant het reeds 60-80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en die oorblywende subpopulasies is gefragmenteer. Gewasverbouing en indringerplante is steeds 'n bedreiging.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika elegans