thumb|260px|'n Groep Orok-mans.

Die Oroks (Russies: О́роки, Oroki; eie naam: Oelta of Oeilta) is ’n volk wat in Sachalin-oblast in Rusland, veral die oostelike deel van die eiland Sachalin, woon. Die taal Orok behoort tot die suidelike groep van die Toengoesiese taalfamilie. ’n Alfabetiese skrif, wat op Cyrillies geskoei is, is in 2007 bekend gestel. Die taal word in een skool op Sachalin onderrig.

Volgens die Russiese sensus van 2002 was daar 346 Oroks in Noord-Sachalin by die See van Ochotsk en Suid-Sachalin naby die stad Poronaisk. Volgens die sensus van 2010 was daar 295 Oroks in Rusland.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Sachalin-oblast