Moraea vallisavium is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kogelberg tot by Kleinrivierberge en Langeberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 400 km² en daar is slegs twee subpopulasies. Die plant blom net nadat dit gebrand het en dit word as seldsaam beskou.
Bronnelys SANBI rooilys Plants of the world online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika vallisavium