thumb|220px|Die Wanino-hawe. thumb|220px|Sachalin-8 in die Cholmsk-hawe.
Die Wanino-Cholmsk-treinveerboot () is die veerbootverbinding oor die Straat van Tartarye tussen die hawestad Wanino in Chabarofsk-krai in Rusland en Cholmsk in Sachalin-oblast. Die veerboot verbind die eiland Sachalin met die Russiese vasteland, wat 260 km ver is. Dit word bestuur deur die Sachalin-skeepvaartmaatskappy.
Geskiedenis Van 1950 tot 1953 is aan die Sachalin-tonnel gebou. Ná die dood van Josef Stalin in 1953 is bouwerk egter gestaak. Die idee om werk te hervat het verskeie kere kop uitgesteek, en in September 1964 het die Sowjetunie besluit om ’n treinveerbootverbinding tussen Sachalin en die res van Rusland te skep. Die eerste vaart was op 12 April 1973 deur die ysbrekerveerboot Sachalin-1. Op 27 Junie dié jaar is die diens amptelik geopen.
In die 1970's en 1980's, toe die diens op sy besigste was, het tot agt veerbote gelyk diens gedoen. Vrag van miljoene tonne en ’n paar honderd duisend passasiers is vervoer.
Die algemene ekonomiese krisis van die 1990's het ook die veerbootdiens geraak. Vrag is vertraag en soms het bote dae lank nie die hawens verlaat nie.
Huidige diens Altesaam 10 bote van die Sachalin-reeks is in Kaliningrad gebou. Vier van die bote is nog oor: Sachalin-7, Sachalin-8, Sachalin-9 en Sachalin-10. Elk kan 28 treinwaens of 37 swaarvragmotors op ’n slag vervoer. Passasiers word deur Sachalin-8 en Sakhalin-9 vervoer. ’n Tipiese vaart duur 11-12 uur – in die winter of in slegte weer kan dit 16-18 uur duur en in uiterste gevalle tot 21 uur.
Sien ook Sachalin-tonnel
Verwysings
Skakels Wanino-Cholmsk-lyn
Kategorie:Sachalin-oblast Kategorie:Vervoer in Rusland