Nakkie Die Nar is 'n Afrikaanse liedjie. Lirieke Daar in die Heidelberg kontrei woon ‘n goeie vriend van my Die kinders noem hom Nakkie die Nar Met al die sêgoed wat hy het is hy ‘n bondeltjie vol pret Sy kulkunsies stuur kinders in die war
Nakkie die Nar Nakkie die Nar Die kinders lag vir wat jy is en doen
Vir jou klere blink en bont En die witkring om jou mond En voete flenter voor uit elke skoen
Hi die hi Hi die hou Dis jou manier om kleinmensies te groet
Hi die hi (Hi die hi) Hi die hou (Hi die hou) Die kinders lag maar luister ewe soet
Robbie sy robot is gebou van draad karton en tou, Sy pittighede wys hy’s wêreld wys En as sy liggies flits en draai laat hy kinders kekkelkraai Want Robbie soek ‘n meisie om te kys
Nakkie die Nar Nakkie die Nar Die kinders lag vir wat jy is en doen
Vir jou klere blink en bont En die witkring om jou mond En voete flenter voor uit elke skoen
Nakkie ou maat Ek wou nog vra Word jy soms ook kwaad Moet jy elke dag jou masker dra?
Nakkie die Nar Nakkie die Nar Die kinders lag vir wat jy is en doen
Vir jou klere blink en bont En die witkring om jou mond En voete flenter voor uit elke skoen
Hi die hi (Hi die hi) Hi die hou (Hi die hou) Dis jou manier om kleinmensies te groet
Hi die hi (Hi die hi) Hi die hou (Hi die hou) Die kinders lag maar luister ewe soet
Nakkie die Nar Nakkie die Nar Nakkie die Nar Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie die Nar
Eksterne skakels https://www.youtube.com/watch?v=5XQHYGT_4UI Kategorie:Afrikaanse volksmusiek