Syringodea longituba is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Syringodea behoort en deel is van die fynbos en Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Die plant kom vanaf die Bokkeveldeskarp en Hantam-Karoo suidwaarts tot by Malmesbury en Riversdale voor. Die plant word bedreig deur gewasverbouing op die Roggeveldeskarp en laeland in die Wes-Kaap.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Pacificbulb society
Kategorie:Syringodea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika