Syringodea derustensis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Syringodea behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Klein-Karoo voor, van Oudtshoorn tot by De Rust. Die plant het 'n voorkomsgebied van 592 km² en het habitat afgestaan aan ontwikkeling en gewasverbouing, veral by De Rust. By Dysselsdorp is habitat afgestaan aan damkonstruksie. Volstruis boerdery is ook 'n potensiële bedreiging.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Pacificbulb society
Kategorie:Syringodea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika