Mitridates I (Parties: , Mihrdāt), ook bekend as Mitridates die Grote, was van 171 tot 132 v.C. die Arsakidiese koning van die Partiese Ryk.

Gedurende sy bewind is Partië omskep van 'n klein koninkryk tot 'n groot politieke mag in die antieke Nabye Ooste danksy sy oorwinnings. Hy het eers iewers in 163-155 v.C. Aria, Margiana en Wes-Baktrië verower en toe, in 'n oorlog met die Seleukidiese Ryk, Medië en Atropatene. In 141 v.C. het hy Babilonië verower en 'n amptelike inhuldigingseremonie in Seleukië gehou. Die koninkryke Elymais en Charakene het kort daarna Partiese vasale geword.

Mitridates I was die eerste Partiese koning wat die antieke Achaemenidiese titel koning van konings aangeneem het. Dansy sy suksesse is hy al vergelyk met Kores die Grote (bewind: 550-530 v.C.), stigter van die Achaemenidiese Ryk. Mitridates I is in 132 v.C. dood; hy is opgevolg deur sy seun Fraates II.

Verwysings

Bronne

Skakels

Kategorie:Konings van Partië