Sjakadoem is 'n Afrikaanse liedjie.
Lirieke Eendag sê pa muis vir sy liewe kleine vrou Ek dink dit is hoogtyd dat ons dogtertjie nou trou Terwyl ons sit en dink sê die dogtertjie bediens Die een wat ek wil hê moet die heel sterkste wees Die een wat ek wil hê moet die heel sterkste wees
Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Wie is die sterkste man vir my? Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Dis hy wat vir my gaan kry
Dadelik kyk hul op asseblief meneer die son Jy’s die grootste sterkste een wees jy tog die bruidegom? Maar hy wys na wolk en hy skud sy kop Want as wolk voor hom skuif is hy in die sop As wolk voor hom skuif is hy in die sop
Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Wie is die sterkste man vir my? Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Dis hy wat vir my gaan kry
Wolk voel geëer maar hy’s swakker as die wind En nou probeer hul wind in die huwelik verbind Maar die wind sê nee want hy word telkens gekeer As ‘n huis voor hom verskyn kan hy glad nie daar deur As ‘n huis voor hom verskyn kan hy glad nie daar deur
Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Wie is die sterkste man vir my? Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Dis hy wat vir my gaan kry
En ons sê vir huis neem ons dogter as jou vrou En hy sê hy sou graag wou maar hy kannie met haar trou En hul kyk toe af en hul sien ‘n dapper muis Waar hy knibbel aan ‘n gat dwarsdeur die sterke huis Waar hy knibbel aan ‘n gat dwarsdeur die sterke huis
Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Muis is die sterkste een vir my Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Dis hy wat vir my gaan kry
Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Muis is die sterkste een vir my Sjakadoem sjakadoem sjakadoem da dei Dis hy wat vir my gaan kry Dis hy wat vir my gaan kry Dis hy wat vir my gaan kry Dis hy wat vir my gaan kry Eksterne skakels https://www.youtube.com/watch?v=LRepCSSj5Vo Kategorie:Afrikaanse volksmusiek