Die spinnekopbolletjie (Haworthia arachnoidea) is 'n meerjarige sukkulent wat tot die genus Haworthia behoort en deel van die fynbos en die Sukkulente Karoo is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom van Namakwaland tot by Worcester en die Klein-Karoo voor. Dit groei op rotsagtige hellings, onder bosse in die skadu.

Daar is sewe subspesies: Haworthia arachnoidea var. arachnoidea Haworthia arachnoidea var. aranea (A.Berger) M.B.Bayer Haworthia arachnoidea var. calitzdorpensis (Breuer) Breuer Haworthia arachnoidea var. namaquensis M.B.Bayer Haworthia arachnoidea var. nigricans (Haw.) M.B.Bayer Haworthia arachnoidea var. scabrispina M.B.Bayer Haworthia arachnoidea var. setata (Haw.) M.B.Bayer

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

arachnoidea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika