thumb|280px|Die Merode-altaarskildery, waarskynlik uit die werkwinkel van Robert Campin, omstreeks 1427-'32. thumb|280px|Jheronimus Bosch, Tuin van Wellus, 1490-1510. Museo del Prado, Madrid. thumb|280px|Die Aino-mite, geskoei op 'n triptiek deur Akseli Gallen-Kallela in 1891. Ateneum, Helsinki. thumb|280px|'n Moderne fototriptiek.

'n Triptiek (van die Griekse byvoeglike naamwoord τρίπτυχον triptukhon, "drievoudig") is 'n kunswerk (gewoonlik 'n paneelskildery) wat uit drie dele bestaan of drie gekerfde panele wat met skarniere aan mekaar vas is en toegevou kan word. Dit is dus 'n vorm van poliptiek, 'n kunswerk wat uit drie of meer panele bestaan. Die middelste paneel is gewoonlik die grootste en het twee kleiner verwante panele weerskante, hoewel 'n mens triktieke kry met ewe groot panele.

Ondanks die verbintenis met 'n kunsformaat word die term soms algemener gebruik vir enigiets met drie dele, veral as hulle 'n eenheid vorm.

In kuns Die triptiek as kunsvorm verskyn in die vroeë Christelike kuns en was vanaf die Middeleeue 'n gewilde standaardformaat vir altaarskilderye. Dit het geografies voorgekom van die Bisantynse kerke in die ooste tot die Keltiese kerke in die weste. Dit is in die Bisantynse tydperk dikwels gebruik vir privaat aanbidding, saam met ander relieke soos ikone.2014. History of the World in 1,000 Objects.Londen, New York. D.K. Publishing. Skilders van die Renaissance soos Hans Memling en Jheronimus Bosch het die vorm gebruik. Beeldhouers het ook daarvan gebruik gemaak.

Van die Gotiese tydperk af was altaarskilderye in kerke en katedrale in Europa en elders dikwels triptieke. Twee katedrale met 'n triptiek as 'n altaarskildery is die Llandaff-katedraal in Wallis en die Notre-Dame-katedraal in Parys, Frankryk. Ons Liewe-vrouekatedraal in Antwerpen, België, bevat twee voorbeelde deur Rubens. Die vorm kom ook voor in baie kerkvensters van gebrandskilderde glas. Hoewel dit gewoonlik die vorm van altaarskilderye is, is ander sodanige kunswerke ook geskep, veral deur Jheronimus Bosch, Max Beckmann en Francis Bacon.

Die hoogste prys wat destyds op 'n veiling vir 'n kunswerk betaal is, was $142,4 miljoen in November 2012 vir 'n triptiek van 1969, Three Studies of Lucian Freud deur Francis Bacon. Die rekord is in Mei 2015 verbeter deur $179,4 miljoen vir Pablo Picasso se skildery van 1955 Les Femmes d’Alger.A History Of Insane Art Prices Digg.com Besoek op 16 November 2015.

Die formaat is later ook gebruik in ander godsdienste, soos die Islam en Boeddhisme. Ook in die Tibettaanse Boeddhisme is dit vir tradisionele altare gebruik.

In fotografie 'n Fotografiese triptiek is 'n algemene styl in moderne kommersiële kunswerke. Die foto's word gewoonlik gerangskik met 'n eenvoudige raam tussen hulle.

Die werk kan bestaan uit verskillende foto's met 'n gemeenkaplike tema of kan een foto wees wat in drie verdeel is.Photo Answers Magazine 9 April 2009, Michael TophamDigital Photography School: Diptychs & Triptychs – 5 Prime Examples Elizabeth Halford

Verwysings

Skakels

Kategorie:Beeldende kuns