Benedictus VI was die 134ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous Benedictus VI is gebore in Rome, Italië die seun van Hildebrand. Voor sy verkiesing was Benedictus kardinaal-deken van die Sint Theodoruskerk in Rome. Hy word reeds as pous verkies op 22 September 972, maar moet wag op goedkeuring van die keiser. Op 19 Januarie 973 volg hy Pous Johannes XIII op en regeer tot sy dood op Julie 974. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus VII. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'.

Pontifikaat Oor Pous Benedictus VI se pontifikaat is min bekend. Hy het die aartsbisdom Praag ingestel.

Na die dood van keiser Otto I op 7 Mei 973, gryp Crescentius seun van die berugte Theodora en 'n broer van Pous Johannes XIII na die mag in Rome. Benedictus word in die tronk gegooi en Teenpous Bonifatius VII neem sy plek in. Benedictus word verwurg op bevel van die teenpous of Crescentius"Benedict VI." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 3 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9078561> om te voorkom dat hy vrygelaat word deur Sicco die gesant van keiser Otto II.

Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Benedictus VI Kategorie:Sterftes in 974