Valletta 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Koördinate Gestig op 28 Maart 1566 Hoofstad 18 Maart 1571 Oppervlakte: - Totaal 0,8 km² Hoogte bo seevlak 56 m Bevolking: - Totaal (Maart 2014) 6 444 - Bevolkingsdigtheid 8 100/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Mediterreense seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 18,7 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 12,3 / 25,5 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 519 mm Burgemeester Alexiei Dingli (PN) Amptelike Webwerf City of Valletta
Valleta (Maltees: Il-Belt Valletta, algemeen verwys na as Il-Belt - "Die Stad") is die hoofstad van Malta. Die stad het 'n bevolking van 6 444 in 2014 gehad en het 'n oppervlakte van 0,8 km². Valletta is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Geskiedenis Reeds gedurende die Middeleeue was daar 'n uitkykpos hier. Na die koms van die Orde van Malta is die uitkykpunt omskep in 'n sterk vesting. Na die suksesvolle afslaan van die Turkse inval in 1565, was daar 'n plan om 'n nuwe hoofstad op die vlakte te bou, wat die ou hoofstad Mdina moes vervang. Die eerste klip is op 28 Maart 1566 gelê. Pous Pius IV het ingenieur Francesco Laparelli opdrag gegee om die versterkte stad te ontwerp. Die stad is vernoem na grootmeester Jean de la Vallette († 1568), wat die eiland in 1565 teen die Turke verdedig het.
Die skilder Caravaggio het in die vroeë 17de eeu tyd op Malta deurgebring en sy "onthoofding van Johannes die Doper" geskilder. Hierdie skildery is in die St. John-katedraal van Valletta.
In 1798 is die stad verower deur Franse rewolusionêre troepe onder bevel van Napoleon Bonaparte. Twee jaar later is die stad deur die Britte ingeneem.
In 1992 is die Verdrag van Malta in Valletta onderteken, wat die hantering van argeologiese erfenis deur die Europese Unie reguleer.
Susterstede Valletta is 'n susterstad met: Palermo, Italië Rhodosstad (Griekeland)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy
Kategorie:Nedersettings in Malta Kategorie:Nedersettings langs die Middellandse See Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Europa