Johannes XIV was die 136ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Johannes XIV is gebore as Petrus Campanora (of Canepanova) in Pavia, Italië. Voor sy verkiesing was hy biskop van Pavia. In Desember 983 volg hy Pous Benedictus VII op en regeer tot hy afgeset word in April 984. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat Pous Johannes XIV was 'n beskermeling van keiser Otto II. Toe die keiser sterf op 7 Desember 983 val die beskerming weg en word die pous in April 984 deur Teenpous Bonifatius VII in die tronk gesit en waarskynlik in opdrag van die teenpous daar vermoor (deur verwurging of verhongering) op 20 Augustus 984."John XIV." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 5 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9043764>
Johannes wou nie pous word onder sy eie naam Petrus nie, omdat hy homself onwaardig geag het om dieselfde naam as die eerste pous, die apostel Petrus te dra. Geen pous het ooit weer die naam Petrus gedra nie.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Johannes XIV Kategorie:Sterftes in 984