duimnael|260px|Wena Naudé in 1926 in Paul de Groot se aanbieding van Oorskotjie.
Agnes Alwena (Wena) Naudé (* 31 Desember 1905, distrik Wakkerstroom – †6 September 1978, Pretoria) was ’n Afrikaanse aktrise. Sy was een van die pioniers van die Afrikaanse toneelkuns.
Naudé het op Volksrust en Lydenburg skoolgegaan waarna sy in ’n fietswinkel in Pretoria werksaam was. In haar vrye tyd het sy spraaklesse by Stephanie Faure geneem en in 1924 die finale eksamen afgelê. Daarna het sy verdere toneelopleiding van Paul de Groot ontvang by wie se toneelgeselskap sy aangesluit het. In Julie 1925 het hulle ’n toneelreis met ‘Huistoe’ (Heimat van Sudermann) en in Januarie 1926 met ‘Oorskotjie’ (Nicodemi) onderneem.
Sy was onder meer lid van die geselskappe van Hendrik Hanekom en André Huguenet wat van dorp tot dorp gereis en hulle toneelstukke opgevoer het. In 1954 het sy die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.
Wena was getroud met Willem van Zyl. Hulle het ’n dogter, Nilo, gehad. In 1940 is hulle geskei en in 1943 het sy met Johan Pretorius Pienaar, ’n broer van Sangiro, getrou. In 1947 is sy ook van Johan geskei. Sy het 3 kleinkinders nl. Alwena van der Westhuizen, Riana Jeffery en Wilna van Gass. Haar dogter, Nilo Mostert, het tot en met haar dood (11 Maart 2016) so nou en dan eenmanstukke opgevoer by klein funksies. Wena het ook 5 agterkleinkinders, naamlik Sonja, (oorlede), Carl en Riani van der Westhuizen asook Lindie en Stephnie van Gass.
Toneelstukke Van die toneelstukke waarin sy gespeel het, is: Huistoe Oorskotjie Die Heks As Mans Huishou Die Uur van Vergelding By die Ou Meulstroom Die Brug op Ons Plaas Die Wit Perde van Rosmersholm Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het Waar Vergiffenis Kon Red Op Hoop van Seën
Rolprente Sedert 1947 het sy in meer as dertig Suid-Afrikaanse rolprente gespeel. Van hulle is:
Rolprent Jaar Regisseur Sarie Marais 1947 Joseph Albrecht Hans-die-Skipper 1953 Bladon Peake Inspan 1953 Bladon Peake Paul Krüger 1956 Werner Grünbauer Basie 1961 Gordon Vorster As Ons Twee Eers Getroud Is 1962 Die Tweede Slaapkamer 1962 Gordon Vorster Die Skelm van die Limpopo 1962 Gerrie Snyman Kavaliers 1966 Hoor My Lied 1967 Elmo de Witt Oupa for Sale 1968 Richard Daneel Dr. Kalie 1968 Ivan Hall Salomien 1972 Daan Retief Cry Me a Teardrop 1974 Keith van der Wat Tant Ralie se Losieshuis 1974 Dirk de VilliersDie troudag van tant Ralie1975Dirk de Villiers Boland! 1974 Bertrand Retief Die Sersant en die Tiger Moth 1974 Koos Roets Boland 1974 Bertrand Retief Jakkalsdraai se Mense 1975 Soekie 1975 Daan Retief Dingetjie Is Dynamite 1975 Troudag van Tant Ralie 1975 Ivan Hall Ma Skryf Matriek 1975 Franz Marx Daar Kom Tant Alie 1976
Bronnelys Botha, Danie. Voetligte en Applous! Die beginjare van die Afrikaanse Beroepstoneel. Pretoria: Protea Boekhuis, 2006. .
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1905 Kategorie:Sterftes in 1978 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu