Geissorhiza monanthos is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 860 km². Dit kom voor van Darling tot by Malmesbury en Joostenberg waar daar tot nege gefragmenteerde, subpopulasies kan wees. Die plant word bedreig deur indringerplante en gewasverbouing.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

monanthos Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika