Geissorhiza nana is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Caledon tot by Riversdal voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 5075 km² en het reeds 'n groot gedeelte van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan. Die bedreiging bestaan steeds en dit word ook bedreig deur oorbeweiding en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
nana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika