Lachenalia ventricosa is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor in die Nardousberge en noordelike Sederberg tot die Biedouwvallei en suidwaarts tot by die Swartruggensberge wat aan die Tankwa Karoo grens. Die plant het habitat afgestaan aan die aanlê van rooibostee-lande en die bedreiging bestaan steeds.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

ventricosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika