Lughawe Genua-Cristoforo Colombo (Italiaans: Aeroporto di Genova Cristoforo Colombo) is die lughawe van die Italiaanse hawestad Genua. Die lughawe het 'n belangrike funksie vir die hawe van Genua, dit is die belangrikste lughawe vir passasiers van luuksebootvaarte wat in Genua begin.

Die lughawe is geleë op 'n kunsmatige eiland in die Sestri Ponente-omgewing vyf kilometer wes van die hawe en die middestad en is vernoem na die ontdekkingsreisiger Christophorus Columbus, wat in Genua gebore is.

Verwysings

Genua