Lachenalia orthopetala is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die lae kusgedeeltes vanaf Durbanville tot by Piketberg voor. Die plant het reeds 90% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan en slegs gefragmenteerde subpopulasies bestaan. In die Swartland word die spesie bedreig deur indringerplante, oorbeweiding en veldbrande wat nie bestuur word nie.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
orthopetala Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika