Khumbudzo Phophi Silence Ntshavheni (gebore 30 Januarie 1977) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Sy dien sedert Maart 2023 as Minister in die Presidensie. Sy is ook 'n partylid van die African National Congress.Stone, Setumo. New minister knows all about small business, News24, 3 Junie 2019. Besoek 28 Junie 2019. Sy was van 2019 tot 2021 minister van kleinsake-ontwikkeling en was ook die minister van kommunikasie en digitale tegnologie van 2021 tot 2023.

Vroeë lewe en opvoeding Ntshavheni is in Sibasa in die Transvaalprovinsie gebore. Sy het aan die Mbilwi Sekondêre Skool gematrikuleer en in 2008 'n MBA-graad aan die Bradford Universiteit in die Verenigde Koninkryk verwerf. Haar ander kwalifikasies sluit in 'n BA Hons-graad in Ontwikkelingstudies en 'n BA Honneursgraad in Arbeidsverhoudinge, albei aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal.Mvumvu, Zingisa. New generation of politicians step up to the big table, TimesLIVE, 2 Junie 2019. Besoek 28 Junie 2019.

Loopbaan Ntshavheni was van 2008 tot 2010 die munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo. Sy was voorheen die toerismebestuurder by Handel en Belegging van Limpopo, hoofinligtingsbeampte van die Limpopo Provinsiale Departement van Plaaslike Regering en Behuising. Sy was ook 'n dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika en bedryfshoof by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap (SITA).Khumbudzo Phophi Silence Ntshavheni, Ms , South African Government. Besoek 28 Junie 2019.

Ná haar verkiesing tot die Nasionale Vergadering in Mei 2019, het president Cyril Ramaphosa haar aangestel as die minister van kleinsake-ontwikkeling.Full list – here is Ramaphosa’s new cabinet, BusinessTech, 29 Mei 2019. Besoek 28 Mei 2019.IN PICTURES | Meet some of the ministers in Ramaphosa's cabinet, TimesLIVE. Besoek 28 Junie 2019.These are the ministers in Cyril Ramaphosa’s new cabinet of 28 ministries. Besoek 28 Junie 2019.

Na die dood van die minister in die presidensie: beplanning, monitering en evaluering, Jackson Mthembu, in Januarie 2021, is Ntshavheni as sy waarnemende opvolger aangestel.

Tydens 'n kabinetskommeling op 5 Augustus 2021, kondig president Ramaphosa aan dat die minister van kommunikasie en digitale tegnologie Stella Ndabeni-Abrahams en Ntshavheni hul ministeriële poste sal omruil.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van kommunikasie