Tsholofelo Katlego Motshidi-Bodlani is 'n Suid-Afrikaanse politikus van Gauteng. Sy is tans lid van die Nasionale Vergadering vir die Demokratiese Alliansie.

Politieke loopbaan Motshidi-Bodlani het as raadslid van die Demokratiese Alliansie in die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gedien. Sy het in die verkiesing van 2014 vir die Gauteng provinsiale wetgewer gestaan as 46ste op die DA se lys. Weens die DA se verkiesingsprestasie is sy nie verkies nie.

Op 18 Maart 2018 word Motshidi-Bodlani 'n lid van die Nasionale Vergadering, as plaasvervanger vir Brandon Topham, 'n DA-LP wat bedank het. Sy is toe in Oktober 2018 benoem tot die portefeuljekomitee vir wetenskap en tegnologie.

In die algemene verkiesing in 2019 is Motshidi-Bodlani weer nie verkies tot die parlement of die provinsiale wetgewer nie. Op 24 Maart 2021 keer Motshidi-Bodlani terug na die Nasionale Vergadering as plaasvervanger vir Mike Waters, wat bedank het.

Verwysings

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika