duimnael|Genl. Jan Smuts tydens sy eerste termyn as Eerste Minister. Genl. Jan Smuts het die Eerste Minister van Suid-Afrika geword na Louis Botha se afsterwe in September 1919. In die algemene verkiesing van 1920, met 134 verkiesbaar tot die laerhuis, was die Suid-Afrikaanse Party onder leiding van Jan Smuts met drie setels voor teen die Nasionale Party (44 setels). Albei partye word gedwing om bondgenootskappe met derde partye (Unioniste en Arbeiders) te vorm om die nuwe regering te vorm. Die Suid-Afrikaanse Party het vinnig 'n bondgenootskap gesluit met die pro-Britse Unioniste Party (25 setels) en Jan Smuts is heraangestel as premier. Kort daarna in dieselfde jaar het die Unioniste ingestem om by die Suid-Afrikaanse Party aan te sluit, en vroeë algemene verkiesings is in Februarie 1921 gehou.

Genl. Smuts se eerste kabinet (1919-1921) Minister Naam Foto Party Tydperk Eerste Minister Genl. Jan Smuts SAP 1919 - 1921 Minister van Binnelandse Sake Thomas Watt 50px|Sir Thomas Watt SAP 1919 - 1921 Minister van Finansies Henry Burton SAP 1919 - 1921 Minister van Justisie Nicolaas Jacobus de Wet 50px|Nicolaas de Wet SAP 1919 - 1921 Minister van Lande en Besproeiing Kol. Hendrik Mentz SAP 1919 - 1921 Minister van Myne en Nywerhede François Stephanus Malan SAP 1919 - 1921 Minister van Onderwys François Stephanus Malan SAP 1919 - 1921 Minister van Openbare gesondheid Thomas Watt SAP 1919 - 1921 Minister van Openbare Werke Jacobus Arnoldus Graaff SAP 1919 - 1921 Minister van Pos- en Telegraafwese Jacobus Arnoldus Graaff SAP 1919 - 1921 Minister van Spoorweë en Hawens Henry Burton SAP 1919 - 1921 Minister van Verdediging Kol. Hendrik Mentz SAP 1919 - 1921

duimnael|links|500px|Genl. Jan Christian Smuts en sy kabinet in 1923 Voor: sir Thomas Watt, sen. F.S. Malan, genl. Jan Smuts, sir Thomas Smartt en mnr. Henry Burton Agter: sen. Nicolaas de Wet, kol. Deneys Reitz, sir Patrick Duncan, mnr. John William Jagger en kol. Hendrik Mentz

Sien ook

Jan Smuts Suid-Afrikaanse Party Verenigde Party

Kategorie:Kabinette van Suid-Afrika