Stefanus VIII (IX) was die 127ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus VIII vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus IX en was hy die 128ste pous. Sien Die spesiale geval van Pous Stefanus (II) vir volle besonderhede.

Biografie Pous Stefanus VIII (IX) is gebore in Rome, Italië van Duitse afkoms. Voor sy verkiesing was hy kardinaal-priester van Sint Silvester en Martinus. Op 14 Julie 939 volg hy Pous Leo VII op en regeer tot sy dood in laat Oktober 942. Hy word opgevolg deur Pous Marinus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'die gekroonde'.

Pontifikaat Pous Stefanus VIII (IX) was heeltemal onder die invloed van Alberic II en het slegs in naam regeer."Stephen VIII (or IX)." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 23 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9069599 >.

Latere, ietwat onbetroubare bronne dui aan dat Stefanus betrokke was by 'n komplot teen Alberic, gevang en gemartel is en aan sy wonde beswyk het.

Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Stefanus VIII Kategorie:Sterftes in 942