Die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk (Amharies: የኢትዮጵያ ኦርቶዶክስ ተዋሕዶ ቤተ ክርስቲያን, Yäityop'ya ortodoks täwahedo bétäkrestyan) is die grootste van die oostelike tak van die Oriëntaal-Ortodokse Christelike kerke. Dit is een van die min voorkoloniale kerke in Afrika suid van die Sahara; dit dateer van die 4de eeu en het tans ’n lidmaatskap van sowat 36 miljoen, van wie die meeste in Ethiopië woon.Berhanu Abegaz (2005). "Ethiopia: A Model Nation of Minorities" (besoek op 6 April 2006) Dit is ’n stigterslid van die Wêreldraad van Kerke."Ethiopian Orthodox Tewahedo Church", World Council of Churches website (besoek op 2 Junie 2009)
thumb|240px|links|Die Kerk van Sint Joris, ’n rotskerk in Lalibela, Ethiopië. Die kerk is in gemeenskap met die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk, die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië, die Malankara-Ortodokse Siriese Kerk, die Armeens-Apostoliese Kerk en die Siries-Ortodokse Kerk.
Die kerk het in 1959 outokefaal geword.
Die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk was van die eerste helfte van die 4de eeu administratief deel van die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië tot in 1959, toe dit outokefaal geword het, met sy eie patriarg. Dit is een van die oudste Christelike kerke, en Ethiopië is slegs die tweede land (naas Armenië) wat die Christelike geloof as staatsgodsdiens gekies het (in 333 n.C.).
Tewahedo (Ge'ez: ተዋሕዶ) is ’n Ge'ez-woord wat "as een verenig" beteken. Die woord verwys na die Oriëntaal-Ortodokse geloof in miafisitisme, dus "een perfekte, verenigde natuur van Christus" in teenstelling met die geloof in "twee nature van Christus" van die Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk en protestantse kerke.
Dié kerk en die ander Oriëntaal-Ortodokse kerke het juis ná die Konsilie van Chalcedon in 451, waarop besluit is dat Christus twee nature het, afgestig van die destydse Katolieke Kerk van die Romeinse Ryk.
Ortodokse Tewahedo Die Oriëntaal-Ortodokse kerk in Ethiopië was tradisioneel bekend as Ortodokse Tewahedo. Ná Eritrea se onafhanklikwording in 1993 het die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk outokefaal geword en amptelik afgestig van die kerk wat sedertdien as die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk bekend staan. Die twee kerke gebruik die grootste Bybel in die Christendom, die Ortodokse Tewahedo-Bybel. Dit bestaan uit 81 boeke.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Religie in Ethiopië Kategorie:Oriëntale Ortodoksie