thumb|220px|Die Enda Mariam-kerk in Asmara, die setel van die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk.
Die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk is ’n Oriëntaal-Ortodokse kerk met sy hoofkwartier in Asmara, Eritrea.
Dié kerk en die Oriëntaal-Ortodokse kerk in Ethiopië was tradisioneel bekend as Ortodokse Tewahedo. Ná Eritrea se onafhanklikwording in 1993 het die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk outokefaal geword en amptelik afgestig van die kerk wat sedertdien as die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk bekend staan. Die twee kerke gebruik die grootste Bybel in die Christendom, die Ortodokse Tewahedo-Bybel. Dit bestaan uit 81 boeke.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Religie in Eritrea Kategorie:Oriëntale Ortodoksie