Nonaan is 'n lineêre koolwaterstof en alkaan met die chemiese formule CH. Dit is 'n kleurlose, vlambare vloeistof, wat hoofsaaklik voorkom in die keroseenkomponent van die petroleumdistillaatfraksie. Dit word gebruik as verwarmings-, trekker- en vliegtuigbrandstof. Nonaan word ook gebruik as oplosmiddel, distillasie-middel, brandstofadditief, en as 'n komponent in bio-afbreekbare skoonmaakmiddels.

Nonaan het 35 strukturele isomere. Sy substituentvorm word noniel genoem. Die sikloalkaan-eweknie is siklononaan, (CH).

In teenstelling met die meeste alkane, kom die voorvoegsel in sy naam van Latyn, nie Grieks nie. duimnael|links|100px|Siklononaan (CH)

Alhoewel nonaan as brandstof en oplosmiddel gebruik word, het gesubstitueerde derivate van nonaan baie gebruike. Byvoorbeeld, 3-metielnonaan-2,4-dioon word as 'n vrugtige voedselgeursel gebruik.

Verbrandingsreaksies Nonaan ondergaan verbrandingsreaksies wat soortgelyk is aan ander alkane. In die teenwoordigheid van voldoende suurstof verbrand nonaan om water en koolstofdioksied te vorm: CH + 14 O → 9 CO + 10 HO

Wanneer onvoldoende suurstof beskikbaar is vir volledige verbranding, word koolstofmonoksied in die brandprodukte ingesluit: 2 CH + 19 O → 18 CO + 20 HO

Sien ook lys van oplosmiddels

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Alkane