Benedictus IV was die 117de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous Benedictus IV is gebore in Rome uit 'n adellike familie, die seun van Mammalus. Hy word tot priester gewy deur Pous Formosus. Op 1 Februarie 900 (of Mei / Junie volgens die "Chronicle of the Popes" en BBKL) volg hy Pous Johannes IX op en regeer tot sy dood in Julie of Augustus 903. Hy word opgevolg deur Pous Leo V. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'die geseënde'.

Pontifikaat Pous Benedictus IV kroon Lodewyk van die Provence (ook die Blinde genoem), koning van die Lombarde tot keiser in 901. In dieselfde jaar ekskommunikeer hy beide Boudewyn II van Vlaandere en sy handlanger Winedmar (die direkte moordenaar) weens die moord op aartsbiskop Fulk van Reims op 17 Junie 900.Benedict IV. (2008). In Encyclopædia Britannica. Besoek 16 Mei, 2008, http://www.britannica.com/eb/article-9078559 Hy sterf is die somer van 903.

Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Benedictus IV Kategorie:Sterftes in 903