Joas I (Ge'ez: ኢዮአስ; oorlede 14 Mei 1769), met die troonnaam Adjam Sagad (Ge'ez: አድያም ሰገድ, "voor wie die uiterstes van die aarde buig") was van 27 Junie 1755 tot 7 Mei 1769 keiser van Ethiopië). Hy was lid van die Salomoniese Dinastie en die seun van Josua II en Woebit (Welete Bersabe), die dogter van ’n Oromo-opperhoof.

Joas en Mentewab Ondanks sy jong ouderdom is hy as keiser voorgestel deur sy ouma, keiserin Mentewab, wat medeheerser was tydens sy pa se bewind. Sy het toe as sy regent opgetree. Een probleem was dat nie die keiser, weens sy ouderdom, of die keiserin, weens haar geslag, ver van die hoofstad, Gondar, kon optree nie en op haar ondersteuners en broers moes staatmaak om baie van die militêre veldtogte te lei.Richard Pankhurst, The Ethiopians, A History (Oxford: Blackwell, 2001), pp. 126f

Nog ’n probleem het ontstaan met Mentewab se reëling van die huwelik tussen haar seun en Woebit. Josua II het sy ma toegelaat om mag uit te oefen as gekroonde medeheerser, terwyl Wubit op die agtergrond gebly het. Wubit het gewag totdat haar en Josua se seun gekroon word en toe die mag probeer bekom wat so lank van haar weggehou is.

Toe Joas die troon bestyg ná sy pa se skielike dood, was die aristokrate van Gondar verstom toe hulle uitvind hy het eerder in die taal Oromo gepraat as in Amharies, en het sy ma se Oromo-familielede bo sy ouma se familie verkies,James Bruce, Travels to Discover the Source of the Nile (1805-uitg.), vol. 4 p. 147 en bo die Gondar-adelstand wat die Salomoniese konings sedert die bewind van Fasiledes omring het. Dit het vererger namate hy ouer geword het. Hy het ’n wag met 3 000 Omoro's aangestel en sy ooms Birale en Loebo, Woebit se broers, in bevel van hulle geplaas.

Nadat Joas se grootoom Wolde Leoel (Mentewab se broer) in Maart 1767 dood is, het ’n burgeroorlog uitgebreek tussen die twee keiserin-gemalinne, Mentewab en Woebit.Bruce, Travels, vol. 4 p. 156.

Ras Mikael Eindelik is die hulp van Ras Mikael Sehoel ingeroep. Hy het hom gevestig as die magtigste krygsheer van EthiopiëPankhurst, The Ethiopians, p. 127 en is aangestel as Ras (goewerneur). Nadat hy in die hoofstad aangekom het, het hy egter die mag oorgeneem en Joas laat vermoor. Daarna was die mag in die hande van die adellikes en millitêre bevelvoerders. Dit was die begin van die tydperk bekend as Zemene Mesafint ("Era van Prinse").

Beide Mentewab en Woebit was verpletter deur Joas se dood. Mentewab het hom langs haar seun by haar paleis in Qusquam laat begrawe en self daar gaan woon. Sy het geweier om ooit weer na die hoofstad terug te keer en het nie verder ’n groot rol in die bewind gespeel nie.

Verwysings

Nog leesstof Richard K. P. Pankhurst The Ethiopian Royal Chronicles (Addis Ababa: Oxford University Press, 1967) bevat ’n gedeeltelike vertaling van die kroniek van Joas se bewind.

Skakels

Kategorie:Ethiopiese keisers