Jacob Johannes Greyling Wentzel (gebore in 1925 en oorlede op 8 Junie 2013 in Pretoria, Suid-Afrika) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die regerende Nasionale Party. Hy was parlementslid vir die kiesafdeling Bethal (1966 - 1987), lid van die Volksraad vir Transvaal (1987 - 1989), adjunkminister vir Samewerking en Ontwikkeling (1979), adjunkminister vir Ontwikkeling (1979 - 1982), adjunkminister vir Grondsake (1980 - 1982) en uiteindelik Minister van Landbou (1984 - 1989) in die regering van P.W. Botha.

Biografie Greyling Wentzel is op Makwassie in die Wes-Transvaal gebore.

Hy het in die landbou gestudeer en self lank geboer. Nadat hy parlementslid geword het, het Wentzel in 1979 by die Suid-Afrikaanse regering aangesluit waar hy die pos van adjunkminister van Grondsake beklee het. Wentzel word in 1984 Minister van Landbou in die kabinet van premier P.W. Botha.

Tydens die verkiesing van 1987 is hy in sy kiesdistrik verslaan deur Chris de Jager, die kandidaat van die Konserwatiewe Party.As the night wears on, the Progs face a bitter truth: 'We've been hammered!', Mail and Guardian, 8 Mei 1987 Hy word nietemin deur indirekte stemreg verkies deur sy eweknieë om 'n lid van die Volksraad te word op een van die setels wat per proporsionele stemming aan die provinsie Transvaal toegeken is.Vakatures in Volksraad, PR NP en KP wys hul kandidate aan , Die Burger, 18 Mei 1987.

Wentzel verlaat die politieke lewe in 1989 om hom toe te wy aan sy plaas in die Oos-Transvaal.

Sy eerste vrou, Rita, is in 1990 oorlede. Hy is hierna weer twee keer getroud, en het 4 dogters gehad. Nadat hy 'n slagoffer van 'n heupongeluk en beroerte in Desember 2012 was, sterf hy in Junie 2013 in Pretoria op 87-jarige ouderdom. Hy is begrawe in die dorpie Trichardt in Mpumalanga.

Verwysings

Bronne Greyling Wentzel: 'n Lewe, Rapport, 15 Junie 2013 Greyling Wentzel sug, sterf, Beeld, 10 Junie 2013

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2013 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van landbou en grondsake Kategorie:Suid-Afrikaanse politici