Petrus (Peet) Cornelius Pelser (gebore op 28 Februarie 1907 te Reddersburg in die Oranjerivierkolonie en oorlede op 24 Desember 1974 in Klerksdorp, Transvaal) was 'n Suid-Afrikaanse advokaat en politikus en 'n lid van die regerende Nasionale Party. Hy was 'n lid van parlement vir die kiesafdeling Klerksdorp (1953-1974) en Minister van Justisie en Gevangenisse van September 1966 tot April 1974 in twee kabinette van John Vorster.
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1907 Kategorie:Sterftes in 1974 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van justisie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van korrektiewe dienste