Ixia rouxii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die renosterveld en fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en het altyd voorgekom van Porterville tot by Stellenbosch maar nou is daar net geïsoleerde fragmente van populasies oor naby Wellington en Wolseley. Die plant het tans 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 km². Die spesie het 75% van sy habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite en voorstedelike ontwikkeling. Die spesie was op 'n tyd as uitgestorwe beskou.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika rouxii