Ixia rivulicola is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom op die Roggeveld-eskarp voor, in die boonste opvangs gebied van die Visrivier. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km². Die plant word bedreig deur gewasverbouing en plaasdam konstruksie aangesien die plant onder andere in vlak water digby rivierbanke groei.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika rivulicola