Naftali Bennett (Hebreeus: נַפְתָּלִי בֶּנֶט; gebore 27 Maart 1972) is 'n Israelse politikus en die leier van die Nuwe Regs-party (HaYamin HeHadash) as ook die huidige leier van die regse Yamina-alliansie. Hy het tussen 2012 en 2018 die ver-regse The Jewish Home (HaBayit HaYehudi) gelei. Bennett het op 13 Junie 2021 die nuwe Eerste minister van Israel geword deur die langsdienende eerste minister Benjamin Netanyahu van Likoed op te volg. Yair Lapid het hom op 1 Julie 2022 afgelos; sedertdien was Bennett die beoogde premier. Hy was van 2013 tot 2019 minister van Diaspora-sake en het tussen 2019 en 2020 as minister van verdediging gedien.
Vroeë lewe Bennett is op 26 Maart 1972 in Haifa gebore. Sy ouers is Joodse Amerikaanse immigrante wat na die Sesdaagse Oorlog na Israel verhuis het. Hy het in die Israeliese Verdedigingsmagte as 'n kompaniebevelvoerder in elite-eenhede gedien en dien vandag steeds in die reserwemag met die rang van majoor. Na sy militêre diens studeer Bennett regte aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem. In 1999, in New York, was hy 'n mede-stigter van Cyota, 'n sagtewareonderneming teen bedrog, en het as uitvoerende hoof gedien. Naftali Bennett, MK. Israeli Ministry of Foreign Affairs. Besoek op 13 Junie 2020.
Terugkeer na Israel Na sy terugkeer na Israel het Bennett van 2006 tot 2009 as kantoorhoof vir die destydse opposisieleier Benjamin Netanyahu gedien. Tussen Januarie 2010 en Januarie 2012 het hy as die direkteur-generaal van die Yesha-raad gedien. Bennett is in November 2012 tot hoof van die HaBayit HaYehudi-party verkies, en in Januarie 2013 tot die 19de Knesset verkies as die eerste kandidaat op die party se verkiesingslys.
Kabinetsminister Bennett is toe in Maart 2013 as Minister van Ekonomie, Minister van Godsdienstige Dienste, Minister vir Jerusalem en Diaspora-aangeleenthede deur Eerste minister Netanyahu aangewys. Na die dood van Uri Orbach in Februarie 2015, is Bennett as waarnemende minister van senior burgersake aangewys. 200px|duimnael|links|Bennett en ander ministers in die 34ste regering van Israel in Mei 2015 In Mei 2015 is Bennett as Minister van Onderwys en Minister vir Diaspora-aangeleenthede aangestel. Nadat Avigdor Lieberman as minister van verdediging in November 2018 bedank het, het Bennett aangekondig dat hy die pos vir homself sou soek, maar Netanyahu het sy versoek geweier. Bennett: I Asked to Be Defense Minister, Israel's Deterrence Is Eroding. Haaretz. Besoek op 13 Junie 2021. Israel's Netanyahu takes over defense job as coalition falters. Reuters. Besoek op 13 Junie 2021. Dit is toe bekendgemaak dat Bennett se party uit die koalisie sou onttrek, maar Bennett het later self daarteen besluit.Israel heads toward elections as Jewish Home says it will leave coalition. The Times of Israel. Besoek op 13 Junie 2021.Bennett drops ultimatum despite cold shoulder from PM, keeping coalition afloat. The Times of Israel. Besoek op 13 Junie 2021. In Desember 2018 het Bennett en 'n klomp ander Knesset lede by die nuutgestigte New Right-party aangesluit.
Latere politeke loopbaan In die verkiesing van April 2019 het Bennett sy setel in die Knesset verloor. Hy is toe in Junie 2019 deur Netanyahu uit die regering ontslaan. Nadat die Knesset ontbind is en 'n tweede verkiesing vir September uitgeroep is, het New Right 'n verkiesingsbond met The Jewish Home en die National Union-Tkuma gevorm, genaamd die United Right wat later die naam Yamina gekry het, en deur Ayelet Shaked gelei is. Die party het sewe setels in die Knesset gewen en Bennett is toe terug in die Knesset. In November 2019 is Bennett as minister van verdediging aangewys.
Na 'n kort ontbinding, is die party in Januarie 2020 herenig voor die Israeliese Knesset-verkiesing in Maart 2020, met Bennett as die nuwe leier van die party. Die party het ses setels gewen.
In Mei 2020, met onderhandelinge oor die vorming van 'n nuwe regering tussen Netanyahu en Benny Gantz, het Yamina aangekondig dat hy tot die opposisie sou gaan. Die vorige dag het Rafi Peretz, die leier van The Jewish Home, van die party weggebreek en is as die minister van Jerusalem in die vyf-en-dertigste regering van Israel aangewys. Op 17 Mei 2020 het Bennett met Gantz vergader, wat hom ook as minister van verdediging opgevolg het, en verklaar dat Yamina nou 'n 'opposisie-lid' is. Tkuma, wat op 7 Januarie 2021 as die Religious Zionist Party herbenoem is, het op 20 Januarie van Yamina af weggebreek. Ten spyte hiervan het Yamina sewe setels in die verkiesing in Maart 2021 verower.
Eerste minister van Israel (2021–2022) 300px|thumb|Bennett-Lapid-kabinet Op 9 Mei 2021 is daar berig dat Bennett en Yair Lapid, leier van Yesh Atid, groot vordering gemaak het in koalisiegesprekke vir die vorming van 'n nuwe Israeliese regering. Bennett het op 30 Mei aangekondig dat hy tot in September 2023 as eerste minister in 'n eenheidsregering sou dien, waarna Lapid sou oorneem. Op 13 Junie 2021 is Bennett as eerste minister ingehuldig. Lapid het Bennett reeds op 1 Julie 2022 opgevolg omdat die regering op 30 Junie tot 'n val gekom het.
Persoonlike lewe Bennett is getroud en het vier kinders.
Sien ook Bennett-Lapid-kabinet
Verwysings
Eksterne skakels
Naftali Bennett, webwerf van die Knesset.
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse entrepreneurs Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Eerste Ministers van Israel Kategorie:Majoors Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Ministers van Religie Kategorie:Ministers van Verdediging