Menelik II (Ge'ez: ዳግማዊ ምኒልክ, dagmawi mənilək; perdenaam Abba Dagnew Amharies: አባ ዳኘው abba daññäw; 17 Augustus 1844 - 12 Desember 1913), gedoop as Sahle Mariam (ሣህለ ማርያም sahlä maryam), was van 1889 tot met sy dood in 1913 keiser van Ethiopië en koning van Shewa. Omstreeks 1898, op die hoogtepunt van sy binnelandse mag en buitelandse aansien, was die proses van die uitbreiding van sy grondgebied en die skep van ’n moderne keiserryk voltooi.Zewde, Bahru. A history of Ethiopia: 1855–1991. 2de uitg. Eastern African studies. 2001
Hy word deur baie Ethiopiërs hooggeag en word gedenk met die herdenking van die Slag van Adoea, wat op 1 of 2 Maart dwarsoor Ethiopië en in die diaspora gevier word.https://www.aa.com.tr/en/africa/ethiopians-celebrate-125th-anniversary-of-adwa-victory/2162320https://www.reuters.com/article/us-ethiopia-anniversary-adwa-idUSKCN1QJ0HT Baie mense in Afrika beskou hom as ’n voorstander van Afrika-onafhanklikheid teen Europese magte tydens die Wedloop om Afrika.
Bewind Die Keiserryk Ethiopië is onder keiser Menelik omskep: Die vernaamste aspekte van modernisering is gevestig met die hulp van ministeriële raadgewers in sleutelposisies.<ref name=Teshale>Teshale Tibebu, [https://books.google.com/books?id=Ftz_gtO-pngC&printsec=frontcover "Ethiopia: Menelik II: Era of", Encyclopedia of African history”], Kevin Shillington (red.), 2004.</ref> Hy het Ethiopiese soldate in die Eerste Italiaans-Ethiopiese Oorlog gelei teen Italiaanse invallers. ’n Klinkende oorwinning in die Slag van Adoea het erkenning van Ethiopië se onafhanklikheid deur buitelandse magte verseker. Dit is bevestig met diplomatieke verteenwoordiging aan sy hof en die optrek van Ethiopië se grense met die aangrensende kolonies. Menelik het sy koninkryk na die suide en ooste uitgebrei en heerskappy oor ander koninkryke gevestig.International Crisis Group, "Ethnic Federalism and its Discontents". Issue 153 of ICG Africa report (4 September 2009) p. 2. In Ethiopië word hy algemeen "Emiye Menelik" genoem (Emiye'' beteken "my moeder" in Arhamees).
Later in sy bewind het Menelik die eerste kabinet saamgestel om met die administrasie van die keiserryk te help; hy het betroubare en gerespekteerde adellikes as ministers aangestel. Hulle sou nog lank ná sy dood dié ampte beklee.
Verwysings
Skakels Imperial Ethiopia – Emperor Menelik II the Early Years Imperial Ethiopia – Emperor Menelik II the Later Years Ethiopian Treasures – Emperor Menelik II
Kategorie:Geboortes in 1844 Kategorie:Sterftes in 1913 Kategorie:Ethiopiese keisers