Ixia leipoldtii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Barrydale voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 10 km². Daar is een populasie van minder as 50 plante en die habitat word bedreig deur die uitbreiding van die wingerde daar.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika leipoldtii