Ixia ecklonii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Olifantsriviervallei voor by Citrusdal. Daar is net een voorbeeld van die spesie gevind in die 19de eeu en sedertdien nog nie weer gesien nie. Die gebied waar die spesie voorkom is sedertdien omgeskakel na sitrusboorde. Die plant kon moontlik uitgesterf het.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika ecklonii