Ixia atrandra is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Villiersdorp tot by Worcester voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 70 km² en daar is net drie subpopulasies. Sewentig persent van die plant se habitat is verander as gevolg van gewasverbouing terwyl die bedreiging tans oorbeweiding en 'n gebrek aan brande is.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika atrandra