Ixia bifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Caledon en Shaw se pas voor. Die voorkomsgebied is kleiner as 1 km². Daar is slegs twee gefragmenteerde subpopulasies, ongeveer 15 km van mekaar af. Die plant het 80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en die oorblywende plante word bedreig deur oorbeweiding, indringerplante en swak brand bestuur.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika bifolia