Ixia aurea is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Citrusdal en Darling voor. Alhoewel die plant 'n voorkomsgebied van 2 426 km² het, is daar net drie gefragmenteerde subpopulasies oor. Gewasverbouing is die enkele grootste rede vir die verlies aan habitat.
Daar is 'n moontlikheid dat die spesie misgekyk is omrede dit baie soos die Ixia maculata en Ixia dubia spesies lyk.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika aurea