Die Battenberg-familie was voorheen ’n morganatiese tak van die Huis van Hesse-Darmstadt, heersers oor die Groothertogdom Hesse in Duitsland. Die eerste lid was Julia Hauke, wie se swaer, groothertog Louis III van Hesse, haar in 1851 tydens haar morganatiese huwelik met sy broer, prins Alexander van Hesse en by Ryn, die Grafin van Battenberg gemaak het, met die aanspreekvorm "Verhewe Hoogheid" (Duits: Erlaucht). Die naam Battenberg verwys na die dorp Battenberg in Hesse. In 1858 het prins Alexander haar titel verhoog tot Prinses van Battenberg, met die aanspreekvorm "Deurlugtige Hoogheid" (Durchlaucht).

Die van Battenberg is laas gebruik deur prins Francis Joseph van Battenberg, die jongste seun van die Prinses van Battenberg, wat in 1924 sonder kinders dood is. In 1917 het die meeste lede van die familie in die Britse Ryk gewoon en afstand van hulle Hesse-titels gedoen vanweë die toenemende anti-Duitse sentiment in Brittanje tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hulle het hulle van na Mountbatten, die Engelse vorm van Battenberg, verander. Juan, Graaf van Barcelona, ’n seun van Victoria Eugénie van Battenberg, die koningin van Spanje, het egter tot met sy dood in 1993 die van Borbón y Battenberg gebruik.

Skepping Prins Alexander (1823-1888) was die derde oudste seun van Louis II, Groothertog van Hesse en by Ryn, en Wilhelmina van Baden, hoewel daar openlik gegis is dat sy biologiese pa sy ma se kamerheer was.Hugo Vickers, Alice: Princess Andrew of Greece (2000), bl. 8 Prins Alexander se vrou, Julia von Hauke (1825-1895), was ’n gravin, die dogter van ’n Poolse adellike van Duitse afkoms. Hauke se rang was te laag dat sy dogter se kinders ’n aanspraak op die troon van Hesse kon hê. Daarom het haar swaer, Louis III van Hesse, die titel Gravin van Battenberg (Gräfin von Battenberg) vir haar en die paartjie se nageslag geskep. In 1858 is die titel tot Prinses van Battenberg verhoog. Daar was nooit ’n Prinsdom Battenberg nie. Daar was egter ’n vorige familie van grawe van Battenberg wat in die 14de eeu uitgesterf het.Norman Davies, Europe: A History (1997), bl. 809

Ná 1858 het die kinders uit dié huwelik die titels prins en prinses gehad, met die aanspreekvorm Deurlugtige Hoogheid.Hugh Montgomery-Massingberd, Burke's Royal Families of the World, Vol. 1 (1977), bl. 213 Battenberg was dus die naam van ’n morganatiese kadettak van die Groothertogdom Hesse, sonder ’n aanspraak op die troon.Hugo Young, Political Lives (2001), p. 531

Lede Julia, Prinses van Battenberg (1825-1895), getroud met prins Alexander van Hesse en by Ryn, derde oudste seun van Louis II, Groothertog van Hesse, en Wilhelmina van Baden Prinses Marie van Battenberg (1852-1923), getroud met die Prins van Erbach-Schönberg (1871) Prins Louis van Battenberg (1854-1921), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en die Markies van Milford Haven geword het; hy is getroud met sy kleinniggie prinses Victoria van Hesse en by Ryn, die dogter van Ludwig IV, Groothertog van Hesse, en prinses Alice van die Verenigde Koninkryk Prinses Alice van Battenberg (1885-1969), wat getrou het met prins Andreas van Griekeland en Denemarke (1903) Prinses Louise van Battenberg (1889-1965), wat in 1917 afstand van haar titel gedoen en lady Louise Mountbatten geword het; sy het in 1923 met die toekomstige Gustaf VI Adolf va Swede getrou Prins George van Battenberg (1892-1938), wat in 1917 afstand van sy titel gedoen en sy pa se junior titel Graaf van Medina aangeneem het; hy het later die 2de Markies van Milford Haven geword Prins Louis van Battenberg (1900-1979), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en lord Louis Mountbatten (en later Graaf Mountbatten van Birma) geword het Prins Alexander van Battenberg (1857-1893), wat in 1879 verkies is tot die heersende prins van Bulgarye; hy was ná sy abdikasie bekend as die Graaf van Hartenau Asen van Hartenau (1890-1965) Tsvetana van Hartenau (1893-1935) Prins Hendrik van Battenberg (1858-1896) – getroud met prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk, ’n dogter van koningin Victoria en prins Albert Prins Alexander van Battenberg (1886-1960), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en die Markies van Carisbrooke geword het Prinses Victoria Eugénie van Battenberg (1887-1969), wat in 1906 met koning Alfonso XIII van Spanje getrou het Prins Leopold van Battenberg (1889-1922), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en lord Leopold Mountbatten geword het Prins Maurice van Battenberg (1891-1914) Prins Francis Joseph van Battenberg (1861-1924), wat met prinses Anna van Montenegro getrou het

Verbintenis met koninklike families Een van die oorspronklike egpaar se seuns, prins Alexander van Battenberg, is verkies tot die heersende prins van Bulgarye; hy is later gedwing om te abdikeer.

Nog ’n seun, prins Hendrik van Battenberg, het getrou met prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk, die jongste dogter van koningin Victoria. Hulle dogter, Victoria Eugenia Julia Ena, het met die koning van Spanje getrou. Haar oom Edward VII van die Verenigde Koninkryk het haar titel tot koninklike hoogheid verhoog sodat sy die nodige status sou hê om in die Spaanse koningshuis in te trou.

Alexander en Julia se oudste seun, prins Louis van Battenberg, het die First Sea Lord van die Britse vloot geword. Vanweë anti-Duitse sentimente tydens die Eerste Wêreldoorlog in Brittanje het hy sy naam na Mountbatten verengels, nes sy kinders en neefs, die seuns van prins Hendrik en prinses Beatrice.

Een van die egpaar se vier seuns en een van hulle kleinseuns het afstand gedoen van hulle Hesse-titels en lordskappe by hulle neef, George V van die Verenigde Koninkryk, gekry: Prins Louis het die 1ste Markies van Milford Haven geword en prins Alexander, prins Hendrik se oudste seun, is die Markies van Carisbrooke gemaak.

Prins Louis se tweede oudste dogter, prinses Louise van Battenberg, het in 1923 getrou met die toekomstige Gustaf VI Adolf van Swede en in 1950 die koningingemaal van Swede geword. Sy jongste seun, Louis, het die laaste onderkoning van Indië geword. Sy oudste dogter, prinses Alice van Battenberg, het getrou met prins Andreas van Griekeland en Denemarke; hulle seun, prins Philip van Griekeland en Denemarke (later bekend as prins Philip, Hertog van Edinburg), het getrou met die eerste aanspraakmaker op die Britse troon, later Elizabeth II, nadat hy afstand van sy Griekse titels gedoen het en sy oupa aan moederskant se van, Mountbatten, aangeneem het. Die naam Battenberg, in sy Engelse vorm, is nou deel van die persoonlike van Mountbatten-Windsor van sommige lede van die Britse koninklike familie.

In 1897 het prins Francis Joseph van Battenberg met prinses Anna van Montenegro getrou;The Annual Register (1898), bl. 27 sy was ’n suster van koningin Elena van Italië en ’n tante van Alexander I van Joego-Slawië.

Wapens Benewens dié wat hier bo gewys word;

Stamboom

Verwysings

Skakels

Kategorie:Huis van Hesse Kategorie:Adel