Die rooiswaardlelie (Gladiolus cruentus) is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal. Dit kom voor tussen Pietermaritzburg, Pinetown en Inanda met subpopulasies te Umbululu, Klein Noodsberg en Kranskop. Die plant word bedreig deur indringerplante en water ontttrekking.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika cruentus