Hugo Grotius (; 10 April 1583 – 28 Augustus 1645), ook bekend as Huig de Groot (Nederlands: ˈɦœyɣ də ɣroːt) en Hugo de Groot (Nederlands: ˈɦyɣoː də ɣroːt), was 'n Nederlandse humanis, diplomaat, regsgeleerde, teoloog, digter en dramaturg.
Hy is as intellektuele wonderkind gebore in Delft, en het aan die Universiteit van Leiden studeer. Hy is in Loevestein Kasteel gevange geneem vir sy betrokkenheid by die Calvinistiese geskille van die Nederlandse Republiek, maar het ontsnap in 'n kis vol boeke wat na Gorinchem vervoer is. Grotius het die meeste van sy groot werke in ballingskap in Frankryk geskryf.
Hugo Grotius was 'n belangrike figuur in die studievelde van filosofie, politieke teorie en regte gedurende die sestiende en sewentiende eeu. As sulks het hy 'n reuse invloed uitgeoefen op die Romeins-Hollandse Reg, wat vandag in Suid-Afrika toegepas word. Saam met die vroeëre werke van Francisco de Vitoria en Alberico Gentili het hy die grondslag gelê vir die internasionale reg wat gebaseer is op 'n Protestants-gekleurde natuurreg. Twee van sy boeke het 'n blywende impak gehad op die gebied van die internasionale reg: "De jure belli ac pacis" ["Oor die Reg betreffende Oorlog en Vrede"] wat gewy is aan Lodewyk XIII van Frankryk en die "Mare Liberum" ["Die Vrye Seë"]. Grotius het ook bygedra tot die ontwikkeling van die begrip "regte". Voor hom is regte beskou as verbonde aan voorwerpe; na hom is dit gesien as behorende tot persone, dit wil sê, as die uitdrukking van 'n vermoë om regshandelinge te verrig (regspersoonlikheid) of as 'n manier om iets te verwesenlik of aan te gaan soos 'n ooreenkoms.
Peter Borschberg stel voor dat Grotius grootliks beïnvloed is deur Francisco de Vitoria en die Skool van Salamanca in Spanje, wat die idee ondersteun het dat die soewereiniteit van nasies sy oorsprong in die volk het, en nie in konings as verteenwoordigers van God nie. Gebaseer hierop, stem die volk in om sodanige gesag aan hul owerhede, insluitend die konings, toe te ken. Borschberg, Peter (2011), Hugo Grotius, the Portuguese and Free Trade in the East Indies, Singapore and Leiden NUS Press & KITLV Press,
Alhoewel Hugo Grotius nie die eerste was om die internasionale samelewing-leerstelling te formuleer nie, was hy een van die eerstes wat die idee van een samelewing uitdruklik omskryf het, dit wil sê 'n samelewing bestaande uit state wat nie by wyse van mag of oorheersing regeer word nie, maar deur wette en onderlinge ooreenkomste om daardie wette toe te pas. Hedley Bull het in 1990 verklaar: "Die idee van die internasionale samelewing wat Grotius voorgestaan het, het konkrete uitdrukking gekry in die Vrede van Wesfale, en Grotius kan beskou word as die intellektuele vader van hierdie eerste algemene vredeskikking van die moderne tye." Daarbenewens het sy bydraes tot die teologie van Arminianisme daartoe bygedra om die saad te plant vir latere bewegings soos Metodisme; Grotius word erken as 'n belangrike figuur in die Arminiaans-Calvinistiese debat. Vanweë sy teologiese ondersteuning van vrye handel word hy ook as 'n "ekonomiese teoloog" beskou.
Grotius was ook 'n dramaturg en digter. Sy denke het na die Eerste Wêreldoorlog weer op die voorgrond getree.
Bibliografie (keur) duimnael|upright|Marmerreliëf van Hugo Grotius tussen ander reliëfs van die grootste historiese regsgeleerdes in die kamers van die Huis van Verteenwoordigers van die Verenigde State duimnael|upright|Annotationes ad Vetus Testamentum (1732)
Die Bibliotheek van het Vredespaleis in Den Haag huisves die Grotius-versameling, wat 'n groot aantal boeke van en oor Hugo Grotius insluit. Die versameling is met 'n skenking deur Martinus Nijhoff van 55 uitgawes van "De jure belli ac pacis libri tres" begin.
Werke word in volgorde van publikasie gelys, met die uitsondering van werke wat postuum of na lang vertraging gepubliseer is (geskatte skryfdatums word gegee).
Martiani Minei Felicis Capellæ Carthaginiensis viri proconsularis Satyricon, in quo De nuptiis Philologiæ & Mercurij libri duo, & De septem artibus liberalibus libri singulares. Omnes, & emendati, & Notis, siue Februis Hug. Grotii illustrati Adamus exul (Die Verbanning van Adam; tragedie) – Den Haag, 1601 De republica emendanda (Ter verbetering van die Nederlandse Republiek; manuskrip 1601) – pub. Den Haag, 1984 Parallelon rerumpublicarum (Vergelyking van Konstitusies; manuskrip 1601–02) – pub. Haarlem 1801–03 De Indis (Oor die Indies; manuskrip 1604–05) – pub. 1868 as De Jure Praedae Christus patiens (Die Passie van Christus; tragedie) – Leiden, 1608 Mare Liberum (Die Vrye Seë; uit hoofstuk 12 van De Indis) – Leiden, 1609 De antiquitate reipublicae Batavicae (Oor die Oudheid van die Bataafse Republiek) – Leiden, 1610 ('n Uitbreiding van François Vranck se Deduction uit 1587 ) The Antiquity of the Batavian Republic, red. Jan Waszink and others (van Gorcum, 2000). Meletius (manuskrip 1611) – pub. Leiden, 1988 Meletius, red. G.H.M. Posthumus Meyjes (Brill, 1988). Annales et Historiae de rebus Belgicis (Annale en Geskiedenis van die oorlog van die Lae Lande; manuskrip 1612-13) – pub. Amsterdam, 1657 The Annals and History of the Low-Countrey-warrs, red. Thomas Manley (Londen, 1665): Moderne Nederlandse vertaling van die "Annales" slegs in: Hugo de Groot, "Kroniek van de Nederlandse Oorlog. De Opstand 1559-1588", red. Jan Waszink (Nijmegen, Vantilt 2014), met 'n inleiding en inhoudsopgawe. Ordinum Hollandiae ac Westfrisiae pietas – Leiden, 1613 Ordinum Hollandiae ac Westfrisiae pietas, red. Edwin Rabbie (Brill, 1995). De imperio summarum potestatum circa sacra (Oor die mag van soewereine betreffende religieuse aangeleenthede; manuskrip 1614–17) – pub. Parys, 1647 De imperio summarum potestatum circa sacra, red. Harm-Jan van Dam (Brill, 2001). De satisfactione Christi adversus Faustum Socinum (Oor die satisfaksie van Christus teen [die leerstellinge van] Faustus Socinus) – Leiden, 1617 Defensio fidei catholicae de satisfactione Christi, red. Edwin Rabbie (van Gorcum, 1990).
Inleydinge tot de Hollantsche rechtsgeleertheit – pub. Den Haag, 1631 The Jurisprudence of Holland, red. R.W. Lee (Oxford, 1926). Bewijs van den waaren godsdienst – Rotterdam, 1622 Apologeticus (Verdediging van die aksies wat gelei het tot sy arrestasie (Hierdie stuk was vir 'n lang tydperk die enigste bron van die gebeure van Grotius se verhoor in 1619 omrede die verhoorrekord nie gepubliseer is nie. Robert Fruin het egter sy verhoorrekord geredigeer in ) – Parys, 1922 De jure belli ac pacis (Oor die Reg Betreffende Oorlog en Vrede) – Parys, 1625 (2de uitgawe. Amsterdam 1631) Hugo Grotius: On the Law of War and Peace. Studentuitgawe. Red. Stephen C. Neff (Cambridge: Cambridge University Press, 2012) De veritate religionis Christianae (Oor die Waarheid van die Christelike geloof) – Parys, 1627 The Truth of the Christian Religion, red. John Clarke (Edinburgh, 1819). Sophompaneas (Joseph; tragedie) – Amsterdam, 1635 De origine gentium Americanarum dissertatio (Verhandeling oor die Oorsprong van die Amerikaanse mense) – Parys 1642 Via ad pacem ecclesiasticam (Die weg na godsdienstige vrede) – Parys, 1642 Annotationes in Vetus Testamentum (Kommentaar op die Ou Testament) – Amsterdam, 1644 Annotationes in Novum Testamentum (Kommentaar op die Nuwe Testament) – Amsterdam en Parys, 1641–50 De fato – Parys, 1648
Verwysings
Bronne
Verdere leesmateriaal Sien Katalogus van die Grotius Versameling (Bibliotheek van het Vredespaleis, Den Haag) en 'Grotius, Hugo' in Dictionary of Seventeenth Century Dutch Philosophers (Thoemmes Press 2003).
Bayle, Pierre. (1720). "Grotius", in Dictionaire historique et critique, 3de uitgawe. (Rotterdam: Michel Bohm). Alvarado, Ruben. The Debate that Changed the West: Grotius versus Althusius (Aalten: Pantocrator Press, 2018). Bell, Jordy: Hugo Grotius: Historian. Ann Arbor, MI: University Microfilms, 1980
Blom, H. W.; Winkel, L. C.: Grotius and the Stoa. Van Gorcum Ltd, 2004, 332pp Borschberg, Peter, 2011, Hugo Grotius, the Portuguese and Free Trade in the East Indies, Singapore and Leiden: Singapore University Press and KITLV Press. Brandt, Reinhard: Eigentumstheorien von Grotius bis Kant (Problemata). Stuttgart-Bad Cannstatt: Frommann-Holzboog, 1974, 275pp
Buckle, Stephen: Natural Law and the Theory of Property: Grotius to Hume. Oxford University Press, USA, 1993, 344pp Burigny, Jean Lévesque de: The Life of the Truly Eminent and Learned Hugo Grotius: Containing a Copious and Circumstantial History of the Several Important and Honourable Negotiations in Which He was Employed; Together with a Critical Account of His Works. Londen: gedruk vir A. Millar, 1754. Ook Echo Library, 2006. Butler, Charles: The Life of Hugo Grotius: With Brief Minutes of the Civil, Ecclesiastical, and Literary History of the Netherlands. Londen: John Murray, 1826. Chappell, Vere: Grotius to Gassendi (Essays on Early Modern Philosophers). Garland Publishing Inc, New York, 1992, 302pp
Dumbauld, Edward, 1969. The Life and Legal Writings of Hugo Grotius. Norman, OK: University of Oklahoma Press. Edwards, Charles S., 1981. Hugo Grotius, The Miracle of Holland: A Study in Political and Legal Thought. Chicago: Nelson Hall. Falk, Richard A.; Kratochwil, Friedrich; Mendlovitz, Saul H.: International Law: A Contemporary Perspective (Studies on a Just World Order, No 2). Westview Press, 1985, 702pp Feenstra, Robert; Vervliet, Jeroen: Hugo Grotius: Mare Liberum (1609–2009). BRILL, 2009, 178pp Figgis, John Neville: Studies of Political Thought from Gerson to Grotius 1414–1625. Cambridge University Press, 1907, 258pp Gellinek, Christian: Hugo Grotius (Twayne's World Authors Series). Twayne Publishers Inc., Boston, U.S., 1986, 161pp Grotiana. Assen, The Netherlands: Royal Van Gorcum Publishers. A journal of Grotius studies, 1980–. Gurvitch, G. (1927). La philosophie du droit de Hugo Grotius et la théorie moderne du droit international,. Revue de Metaphysique et de Morale, vol. 34: 365–391. Haakonssen, Knud: Natural Law and Moral Philosophy: From Grotius to the Scottish Enlightenment. Cambridge University Press, 1996
Haskell, John D.: Hugo Grotius in the Contemporary Memory of International Law: Secularism, Liberalism, and the Politics of Restatement and Denial. (Emory International Law Review, Vol. 25, No. 1, 2011), H. Grotius in the Contemporary Memory of Intl. Law: Secularism, Liberalism, & the Politics of Restatement & Denial Heering, Jan-Paul: Hugo Grotius As Apologist for the Christian Religion: A Study of His Work De Veritate Religionis Christianae, 1640 (Studies in the History of Christian Thought). Brill Academic, 2004, 304pp Jeffery, Renée: Hugo Grotius in International Thought (Palgrave MacMillan History of International Thought). Palgrave Macmillan, 1st edition, 2006, 224pp Keene, Edward: Beyond the Anarchical Society: Grotius, Colonialism and Order in World Politics. Port Chester, N.Y.: Cambridge University Press, 2002 Kingsbury, Benedict: A Grotian Tradition of Theory and Practice?: Grotius, Law, and Moral Skepticism in the Thought of Hedley Bull. (Quinnipiac Law Review, No.17, 1997) Knight, W.S.M., 1925. The Life and Works of Hugo Grotius. Londen: Sweet & Maxwell, Ltd. Lauterpacht, Hersch, 1946, "The Grotian Tradition in International Law," in British Yearbook of International Law. Leger, James. St. (1962). The 'Etiamsi Daremus' of Hugo Grotius: A Study in the Origins of International Law (Rome: Pontificium Athenaeum Internationale).
Mühlegger, Florian. Hugo Grotius. Ein christlicher Humanist in politischer Verantwortung. Berlyn en New York, de Gruyter, 2007, XIV, 546 S. (Arbeiten zur Kirchengeschichte, 103). Neff, Stephen C.: Hugo Grotius On the Law of War and Peace: Student Edition. Cambridge University Press, 2012, 546pp Nellen, Henk J. M., 2007. Hugo de Groot: Een leven in strijd om de vrede (amptelike Nederlandse biografie). Den Haag: Balans Uitgeverij.