Jacobus Arminius (10 Oktober 1560 – 19 Oktober 1609), die verlatynse naam van Jakob Hermanszoon, was 'n Nederlandse teoloog uit die era van die Hervorming wie se leerstellinge die basis van Arminianisme en die Nederlandse Remonstrante-beweging sou word. Hy het vanaf 1603 as professor in teologie aan die Universiteit van Leiden gedien en verskeie boeke en verhandelinge oor teologie geskryf.

Na sy dood het sy bevraagtekening van die standaardbelydenisskrif van die Hervorming, die Belgiese Belydenis, vir hewige debat en kontroversie tydens die Sinode van Dordrecht gesorg, wat in reaksie teen Arminius se leerstellinge die vyf punte van Calvinisme opgetrek het.

Verwysings

Bibliografie Bronne

Verdere leesmateriaal

Sien ook Remonstrante Sinode van Dordrecht

Eksterne skakels

Werke deur Jacobus Arminius in

Kategorie:Geboortes in 1560 Kategorie:Sterftes in 1609 Kategorie:Nederlandse teoloë Kategorie:Nederlandse filosowe