Kasane Internasionale Lughawe (IATA: BBK, ICAO: FBKE) is 'n lughawe wat Kasane, 'n dorp in die Chobedistrik van Botswana, bedien. Die lughawe is langs die A33-pad, 4 km suid van die dorp en 4 km suid van die grens met Namibië se Kaprivistrook.

Air Botswana lewer op Dinsdae, Vrydae en Sondae 'n gereelde diens tussen Kasane en Gaborone. Talle huurvlugoperateurs bied vlugte na ander bestemmings in die omgewing aan.

Aangesien dit so naby die Chobe Nasionale Park is, word die lughawe hoofsaaklik vir toerisme aangewend. Die meeste lodges in die Kasane-omgewing bied pendeldienste van en na die lughawe. 'n Buspendeldiens is beskikbaar om na die Victoria-waterval in Zambië en Zimbabwe te reis.

Geskiedenis Die huidige terminaal van 7 800 vierkante meter is op 22 Februarie 2018 geopen. Dit vervang die oorspronklike terminaalgebou van 1 300 vierkante meter wat in 1991 geopen is.

Die Kasane VOR en ADF is op die lughawe geleë.

Lugrederye en bestemmings Air Botswana Gaborone Johannesburg–O. R. Tambo Maun Airlink Johannesburg–O. R. Tambo

Huurvlugte Wilderness Air – Windhoek-Eros na Kasane. Moremi Air Services

Verwysings

Eksterne skakels OurAirports - Kasane SkyVector - Kasane Kasane Lughawe inligting

Kategorie:Lughawens in Afrika Kategorie:Vervoer in Botswana