duimnael|Aromatiese furaan (links) en alifatiese tetrahidrofuraan (regs) duimnael|220px|Nie-sikliese alifatiese / nie-aromatiese verbinding (butaan) duimnael|170px|Sikliese alifatiese / nie-aromatiese verbinding (siklobutaan) In organiese chemie word koolwaterstowwe (verbindings wat slegs uit koolstof en waterstof bestaan) in twee klasse verdeel: aromatiese verbindings en alifatiese verbindings (van Grieks aleiphar wat vet of olie beteken), ook bekend as nie-aromatiese koolwaterstowwe. Alifatiese verbindings kan siklies wees maar koolwaterstowwe met gekonjugeerde pi-stelsels wat Hückel se reel gehoorsaam word egter beskou as aromaties. Alifatiese verbindings kan versadig wees, soos heksaan, of onversadig, soos hekseen en heksyn. Oopkettingverbindings (hetsy reguit of vertak) bevat geen ringe van enige aard nie en is dus alifaties.

Struktuur Alifatiese verbindings kan versadig wees en verbind word deur enkelbindings (alkane), of onversadig, met dubbelbindings (alkene) of drievoudige bindings (alkyne). Behalwe waterstof, kan ander elemente aan die koolstofketting gebind word, waarvan suurstof, stikstof, swawel en chloor die algemeenste is.

Die eenvoudigste alifatiese verbinding is metaan (CH).

Eienskappe Die meeste alifatiese verbindings is vlambaar, wat die gebruik van koolwaterstowwe as brandstof moontlik maak, soos bv. metaan in gasvlamme en as vloeibare natuurlike gas, en asetileen (etyn) in die sweiswerk.

Voorbeelde Formule Naam Strukturele formule Formule Naam Strukturele formule CH4 Metaan 75px C2H2 Asetileen 75px C2H4 Etileen 75px C2H6 Etaan 75px C3H4 Propyn 75px C3H6 Propeen 100px C3H8 Propaan 100px C4H6 1,2-Butadiëen 100px C4H6 1-Butyn 100px C4H8 1-Buteen 65px C4H10 Butaan 100px C5H12 n-pentaan 75px C6H10 Siklohekseen 40px C7H14 sikloheptaan 50px C7H14 Metielsikloheksaan 75px C8H8 Kubaan 75px C9H20 Nonaan 100px C10H12 Disiklopentadiëen 125px C10H16 Fellandreen 50px C10H16 α-Terpineen 90px C10H16 Limoneen 50px C11H24 Undekaan 125px C30H50 Skwaleen 125px C2nH4n Poliëtileen 75px

Verwysings

Kategorie:Chemie Kategorie:Chemiese bindings Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Organiese verbindings