Peka is 'n dorp in die Leribe-distrik van Lesotho. Die dorp se naam is afgelei van die Bybelse Peka. In 2006 het dit 'n bevolking van 17 161 mense gehad.Voorlopige uitslag van die 2006-sensus
Peka is ongeveer 60 kilometer noord van die hoofstad Maseru geleë, op die Main North One, die hoofpad noordwaarts na die Suid-Afrikaanse grens. Die grootste deel van die nedersetting lê tussen hierdie pad en die Caledonrivier, wat Lesotho se grens met Suid-Afrika uitmaak.
Die Pekabrug is 'n brug met 'n grenspos naby die dorp, vandaar lei die hoofpad na Clocolan.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Lesotho