Watsonia amatolae is 'n plant wat tot die genus Watsonia behoort en is endemies aan die Oos-Kaap. Hier kom dit voor in die Amatholeberge vanaf die Katberg en Gaika's Kop in die weste tot by Hogsback en die Dohneberge in die ooste. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 417 km² en daar is vyf subpopulasies bekend. Die plant word nie bedreig nie maar word beskou as seldsaam.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika amatolae