thumb|260px|Ur-Nammu het die Groot Ziggoerat van Ur laat bou. thumb|260px|Ur-Nammu se wydingstablet vir die Tempel van Inanna in Uruk. Dit lui: "Vir sy dame Inanna, Ur-Nammu die magtige man, koning van Ur en koning van Sumer en Akkad".

Ur-Nammu (of Oer-Nammoe, Ur-Namma, Ur-Engur, Ur-Gur; Sumeries: ; bewind omstreeks 2112-2094 v.C., middelchronologie) het die Sumeriese Derde Dinastie van Ur in Suid-Mesopotamië gestig nadat die streek verskeie eeue lank onder Akkadiese en Goetese heerskappy was. Sy groot prestasie was om ’n staat op te bou en hy word veral onthou vir sy regskode, die Kode van Ur-Nammu, die oudste bewaarde voorbeeld ter wêreld. Sy titels was "koning van Ur" en "koning van Sumer en Akkad".

Bewind Volgens die Sumeriese Koningslys het Ur-Nammu 18 jaar lank regeer.Thorkild Jacobsen, The Sumerian King List (Chicago: University of Chicago Press, 1939),pp. 122f Jaarname vir 17 van dié jare is bekend, maar die volgorde is onseker. Een jaarnaam vermeld die verwoesting van Goetium, terwyl twee blykbaar sy regshervormings gedenk.Year-names for Ur-Nammu

Onder sy militêre suksesse tel die verowering van Lagasj en die oorwinnings oor sy vorige oorheersers by Uruk. Hy is eindelik erken as ’n belangrike streekheerser (van Ur, Eridu en Uruk) op ’n kroning in Nippur en hy het glo geboue in Nippur, Larsa, Kisj, Adab en Umma laat bou. Hy het ook die paaie en algemene orde herstel ná die Goetese tydperk. Dit is nou bekend dat die bewind van Puzur-Inshushinak in Elam met syne oorvleuel het.Wilcke; See Encyclopedia Iranica articles AWAN, ELAM Ur-Nammu, wat homself "koning van Sumer en Akkad" genoem het, is moontlik die persoon wat vroeg in sy bewind die gebiede van Sentraal- en Noord-Mesopotamië verower het wat Puzur-Inshushinak beset het, waarskynlik ten koste van die Goeteërs, voordat hy Susa verower het.

Ur-Nammu het opdrag vir die bou van ’n paar ziggoerats gegee, insluitende die Groot Ziggoerat van Ur.

Hy is in ’n geveg teen die Goeteërs dood nadat sy leër hom versaak het.Hamblin, William J., Warfare in the Ancient Near East to 1600 BC (New York: Routledge, 2006). Hy is ná sy dood vergoddelik en deur sy seun Shulgi opgevolg. Sy dood op die slagveld is gedenk in die lang geskrif "Dood van Ur-Nammu".

Jaarname van Ur-Nammu Feitlik al die jaarname van Ur-Nammu is bekend en dit gedenk groot gebeure tydens sy bewind. Die belangrikste naamjare is:

Artefakte

Verwysings

Skakels

Kategorie:Konings van Ur